Meer Oor Ons
Skoolure:
Maandag tot Vrydag: 06:15 – 17:30
Die skool is nie oop gedurende publieke vakansiedae, naweke en enkel dae tussen vakansiedae nie.
Die skool sal ook in Desember/Januarie skoolvakansie vir ongeveer 3 weke gesluit wees. Die skool sluit geen ander skoolvakansies gedurende die jaar nie.
Veiligheid:
’n Kode om by die hek in te kom word aan ouers verskaf. Vir veiligheidsredes vra ons dat u asb. nie die kode sal uitgee nie. U vingerafdruk word geregistreer om by die voordeur hek toegang tot die skool te kry.
Die skoolterrein is toegerus met CCTV kameras en opnametoerusting. Hierdie toerusting is geinstalleer vir die veiligheid, beskerming en sekurteit van die skool, die kinders en die personeel.
Die skool beskik oor 'n kragopwekker om te verseker dat veiligheid in plek bly gedurende kragonderbrekings.
Oefening van die noodplan vind ten minste twee maal per kwartaal plaas. Die personeel se noodhulp- en vuurbestrydingopleiding word gereeld hersien.